Nasionale Dag van Swede

Die Sweedse vlag.
Vierings by Kungsträdgården in Stockholm.
Kroonprinses Viktoria tydens die feesvierings in Sundsvall (2006)

Volgens 'n verordening uit die jaar 1983 is die datum van 6 Junie as Swede se Nasionale Dag (Sweeds: Sveriges nationaldag) en Dag van die Sweedse Vlag (Sweeds: Svenska flaggans dag) vasgestel. Die vlagdag is reeds vanaf die jaar 1916 gevier, terwyl die Nasionale Dag in 2005 tot openbare vakansiedag verklaar is. Tegelykertyd het die Tweede Pinksterdag (Sweeds: Annandag pingst) sy status as openbare vakansiedag verloor. Volgens 'n verordening uit die jaar 1996 is die Nasionale Dag tot een van ses nasionale saluutdae verklaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search